af
Tove Jansson

Moemin en die komeet

Benachrichtigen, wenn das Buch hinzugefügt wird
Um dieses Buch zu lesen laden Sie eine EPUB- oder FB2-Datei zu Bookmate hoch. Wie lade ich ein Buch hoch?
’n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Twee vriende, Moemin en Snifsnaf, onderneem ’n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg. Op pad ontmoet hulle allerhande interessante karakters – soos Boeboe, die wêreldreisiger, en die Hemulen wat hulle met ’n skoenlappernet uit ’n ondergrondse tonnel red. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van ‘n giftige bos . . . en hy is nooit weer dieselfde nie.
Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes?

Avontuurlik, humoristies, universeel, oud en jonk sal hierdie verhaal bekoorlik vind. ’n Klassieke boek wat skouers skuur met kultuurskatte soos Alice in wonderland en The Lord of the Rings – nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, vertaal deur Philip de Vos.
Dieses Buch ist zurzeit nicht verfügbar
205 Druckseiten
Jahr der Veröffentlichung
2013
Haben Sie es bereits gelesen? Was halten sie davon?
👍👎
fb2epub
Ziehen Sie Ihre Dateien herüber (nicht mehr als fünf auf einmal)